Livestock, Irrigation, Game Farm | AGF0200

Farm Information
  • Price in R(mil): 4.99
  • SKU: AGF0200
  • Available: Yes
  • Size in Ha: 2745
  • Farmhouse: 1
  • Outbuildings: 4
  • Water: 26
  • Farm Type: Game, Irrigation, Livestock, Farms

Livestock irrigation game farm for sale around Beaufort West in the Karoo district of the Western Cape of South Africa

BESPROEIïNG

  • 26 Hektaar:
  • 20 HA Besproeiïngslande
  • 6 HA Weiding
  • Op die oomblik gebruik ons net die veld en laat wei die vee in die kampe as dit reën.
  • Daar is ’n oorhoofse skuifstelsel met 36 spreierpype, 50 tussen pype met 4 krane en T stuk elmboë.

WATSE WEIDING KAN AANGEPLANT WORD

  • Mielies, hawer, ens.

Die plaas is ook geskik vir groente – kool, waatlemoen. Die gronde is ideaal vir die verbouiïng van uiesaad, wortelsaad en aartappelmoere.

OP WATTER STADIUM SIEN ONS LAMMERS APART VAN OOIE:

Dit is ongeveer wanneer lam 23- 25 kg weeg

WAT IS DIE DRAKRAG VAN DIE GROND VIR VERDERE UITBREIDING VAN VEEKUNDE:

4.5/HA ± 600 Skaap

As ons die weiding benut: 1000-1200 Skaap

LEWERINGSOOREENKOMSTE

  • Slagskaap – Word gelewer aan abbatoirs in omgewing waar beste pryse verkry word. Het geen vaste kontrak met iemand.
  • Wol – Wol word gelewer aan BKB

BEESTE

  • 6 Nguni Koeie
  • 6 Kalwers (Kalwers bly tot op 9 maande by die koei)

PERDE

  • 1 Hings
  • 2 Merries
  • 3 Vul

WILD

  • Daar is geen wil op die plaas nie, maar die gronde is geskik om wild aan te hou.

GEBOUE

  • 4 Slaapkamer woonhuis – 2 Badkamers (2 x Gas geyser)
  • 2 x Arbeidershuise (1 x Son geyser + 1 Toilet)

KAMPE & OMHEININGS

Die plaas is opgedeel in 15 kampe. Die buitedrade van die plaas is ‘n 8 – draad en binnedrade is ‘n 6 draad. Al die drade en hekke is in ‘n goeie toestand. Elke kamp het sy eie waterdrink plek. Daar is altesaam 4 krale op die plaas.

ANDER GEBOUE

1 X Staalstoor 1 x Skeerstoor 1 x Werkswinkel 1 x Perdestal/Stoor

WATER/BOORGATE

  • 1 Boorgat met 4 duim mono pomp en enjin
  • (29.5KW Lister)
  • Lewering: 27000l/uur
  • Diepte van gat: ± 60- 65m diep
  • Watervlak: ± 56- 61 m
  • Pompdiepte: ± 20 m in gat
  • 1 Boorgat met3 duim mono pomp en enjin
  • (15KW Lister)
  • Lewering: 13000l/uur
  • Diepte van gat: ± 60- 65m diep
  • Watervlak: ± 56- 61 m
  • Pompdiepte: +-20 m in gat
  • 1 Boorgat met3 duim mono pomp en enjin
  • (15KW Lister)
  • Lewering: 13000l/uur
  • Diepte van gat: ± 60- 65m diep
  • Watervlak: ± 56- 61 m
  • Pompdiepte: ± 20 m in gat
  • 1 Spaar Boorgat
  • 30000l/uur geblaas
  • Diepte van gat: ± 28m diep
  • Watervlak ± 25 m
  • 1 Spaar Boorgat
  • Loop uit, nog nie gemeet nie.
  • 1 Spaar Boorgat (Werf)
  • Lewering:
  • Diepte van gat: ± 60- 65m diep
  • Watervlak: ± 56- 61 m

BTW

Die verkoping van die Eiendom geskied as 'n lopende saak en die partye kom ooreen dat die Eiendom op die datum van besit en datum van registrasie 'n lopende saak en ‘n inkomste-genererende besigheid sal wees. Die verkoping geskied op die veronderstelling dat Belasting op Toegevoegde Waarde op die transaksie teen 'n nul koers gehef sal word en die Koper onderneem hiermee om, indien daar enige BTW deur die Verkoper ten opsigte van die transaksie betaalbaar is, 'n bedrag gelykstaande daaraan aan die Verkoper te betaal op datum van registrasie van transport

WERKNEMERS

  • Ons het ‘n Bestuurder op die plaas, hy is nie permanent daar nie, hy gaan so eenkeer ‘n week plaas toe.
  • Daar is ook een werker wat woon op die plaas. ( Man, vrou en twee kinders). Hulle woon en werk daar vanaf Januarie 2014.
  • Beide is bewus daarvan dat die plaas in die mark is. Ons sal die skeidingspakette van die werknemers uitbetaal.

Neem kennis dat die plaas geen Eskom krag het nie, maar dat Eskom wel in die proses is om krag aan te lê. Daar is wel ‘n Lister enjin wat krag verskaf aan die plaasopstal (Hoofhuis, arbeidershuise, staalstoor en werkswinkel.

SONPOMPE/WINDPOMPE

  • 2 x Windpompe
  • 2 x Sonpompe (kampe)
  • 1 x Sonpomp (Hoofhuis)
  • Al die pompe is in ‘n goeie werkende toestand.

Daar is ‘n Telkom telefoon geinstalleer in die hoofhuis.  DSTV Skottel is geinstalleer

More in this category: AGF0077 - Livestock Farm »

Contact AgriFarms

  • Phone: 073 143 9530

Business Hours

Monday - Friday - 8:00 - 17:00

Author:

 

Back to Top